Album Cover Reisiger

Reisiger

Refentse

6

Ek sit op ′n hemel en dink aan die Hemele

Weereens besef ek dat ons nie 'n clue het nie...

Alles is alles, en niks is niks. Niks is op soek na alles,

En alles is op reis na niks.

Sy was ′n ware illistrasie van God se prag

Baie mans het probeer om Haar neer te lê

Om Haar om te duik,

Maar baie min het probeer om Haar op te tel

Wonder waar is Hy... Waar is Hy...

Ken jy die pad, ek dink ek vol nog altyd jou pad

Bruis na die chemie ver van hier

Hy verander jou beeld,

Maak die Aarde plat vir my lig en boos

Tot jy jubel en juig weer

Oor jou broer se dood

Wêreld wat gaan aan met jou?

My Vader sal jou anders onthou

Sal jy nog hier wees vir Angels en Minuet

Jy gee my hoop! Gee my sig!

Ek is moeg gesoek na waar ek hoort

Dis voedsel vir my siel gedoop

En jy oor my, kom ons rant ek is lief...

Ek verlang na wie ookal jy is

En lief vir wat ookal jy doen

Want jy hoor my...

Maar vanaand net vir vanaand

Is jy my Hemel, en ek is jou vloer

Reisiger ek's lief vir jou

Swerwer ek verlang na jou

Ek wil dans in jou reën ek wil sing van jou grond

Maar vanaand, soos gister aand

Wil ek sweef op die geur van jou bron

Vlieg en vlak in dalend hoog

Soos tale tonge woel en wal

Ek verlang na jou kruine

Ek verlang na jou trog

Jy gee my hoop! gee my sig!

Ek is moeg gesoek na waar ek hoort

Dis voedsel vir my siel gedoop

En jy hoor my, kom ons rant

Ek is lief vir jou

Ek verlang na wie ookal jy is

En lief vir wat ookal jy doen

Want jy hoor my...

My bos is aan die brand

Ek dink my bos is aan die brand

Want Hy stuur my na 'n vreemde plek

Dit voel vir vele meer as ek en jy

Tog so aleen, nog altyd voel ek so alleen

Ek verlang na daairdie bosse plek

Ek voel vir vele meer as ek en jy

Sal jy bly?

Lagu lain oleh Refentse